Wednesday, July 21, 2010

Soccer World cup 2010



Sokker Wêreldbeker 2010


Die sokker Wêreldbekker was 'n groot sukses in Suid - Afrika. Op 11 Julie 2010 was daar 'n reuse stryd tussen Spanje en Nederland op Soccer city in die final. Nederland het almal verbaas om in die finaal te wees. Die finaal was hard en daar is baie geelkaate uitgedeel. In ekstra tyd kon Duidsland daarin slaag om 'n doel aan te teken en die wedstryd 1-0 te wen. Brazil wat een van die gunsteling spanne was in die Wêreldbekker het al in die kwarteindstryd uit geval. Duitsland wat 'n baie jong span gehad het en glag nie eers een van die gunsteling spanne was nie het 3de geëindig. Frankryk wat wel een van die gunsteling spanne was kon nie eers die top 16 haal nie. Frankryk wat in die vorige Wêreldbeker in die finaal gespeel het is in die laaste wedstryd van die groep wedstryde deur die tuis span van Bafana Bafana 2-1 geklop. Die tuis span het ook nie gekwalifiseer vir die top 16 nie. Engeland wat ook een van die gunstelling spanne in die toernooi was het 4-1 teen Duitsland in die kwarteind ronte verloor. In die wedstryd het Engeland 'n doel geskop wat nie gegee is nie wat op daardie staduim van die wedstryd 'n groot rol kon gespeel het. Baie van die wêreld se beste spellers het glad nie goed gevaar in die toernooi nie. Spellers soos Messi en Rooney was glag nie op hulle beste gewees nie. Die skeidsregters het ook 'n paar groot blapse gemaak. Een van die grootste verrasings was dat die span van Italië wat die vorige Wêreldbeker gewen het glad nie die tweede rondte gehaal het nie. Die gees was uitstekkend in Suid-Afrika en die staduim was elke keer prop vol gewees. Die openning en die afsluiting van die Wêreldbeker was 'n reuse sukses. Die president van Fifa het Suid - Afrika bedank vir hulle vriendlikheid en ondersteuning. Baie min Suid - Afrikaners het voor die toernooi sokker gekyk. 'n Land se sport is so goed soos sy ondersteuning. Hopelik na die toernooi gaan Bafana Bafana se spel baie verbeter en kompeterend raak met ander lande. Soos in die Wêreldbeker gesien is kan enige span wen. Spanje het een van hulle groep wedstryde verloor teen Switserland en tog het hulle die toernooi gewen. Suid - Afrika is nou reg om die Olimpiese spele aan te bied.


No comments:

Post a Comment